Audio Fiction Dot C O Dot U K
A library of fiction podcasts, including audio dramas, books and RPG actual plays.

Search by Tags

This page lets you filter my database of all of the new fiction and audio drama podcasts by granular tags to a precise niche. This is very much a work in progress, with tagging of shows always improving. If you want to help, submit your show or update your tagging.

Because tagging is incomplete, you may wish to leave some options empty with initial searches, and then get more specific.

You can also search by Title.

Genre tags - these are additive, so if you pick "Horror" and "Comedy", you should only get horror comedies, rather than just horror. You don't need to select a value for all of them, and some shows don't have three tags, so feel free to start broad and get more narrow.

Creator demographics:




Character demographics:




Ad-free option (very new - not many labeled yet):

Accessibility:

Content warnings (select to exclude - based on creator tagging, incomplete):






Create OPML file of results:

3 shows

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en Jack de Wet veroorsaak opnuut onmin. Te midde van die feestelikhede vir Afrikaans Amptelik 100 bars ʼn bom wat almal verstom, en die dorp skinder lustig voort. “Strandloper 2” is ʼn radiovervolgverhaal uit die pen van Bettie Kemp en Henriëtta Gryffenberg. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.

Kamer van verlate verhale
Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en 'n ander storielyn. Luan Jacobs, die akteur bekend vir sy vertolking van rolle in onder meer die kykNET-reeks Fynskrif asook Ballade vir ʼn enkeling, Dominee Tienie en die radiodrama Briekaandraai, het tydens inperking in sy storie-argief gaan rondkrap en in die proses 12 radiostories voltooi. Met die aanmoediging van vriende het hy besluit om dié stories te begin opneem. Met sy oop hart vir die Afrikaanse kunste het Maroela Media besluit om Jacobs te ondersteun en hom toegang gebied tot sy ateljee. Marius Vermaak, die ateljeebestuurder, het ingestem om die stories op te neem en te redigeer. Jacobs het benewens ʼn klompie vryskutakteurs ook studente van die Performing Arts Lifestyle Institute (Pali) in Pretoria genader om rolle te vertolk. In ruil vir hul betrokkenheid by dié radioteaterprojek het Jacobs hulle die geleentheid vir opleiding en ervaring gebied. Maroela Media se eie Elana Barker is in twee van die episodes te hoor. Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas. Let wel: Maroela Media was glad nie betrokke by die storielyn en saamstel van die radioproduksie nie. Maroela Media het slegs ondersteuning gebied in terme van die gebruik van die ateljee en verspreiding van die drama.

Drie vroue en ’n meisie
Die boek, Drie vroue en 'n meisie, deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit is 'n verhaal wat strek oor drie generasies vroue, hul uitdagings, ontberings en die vasklou aan hoop.