Audio Fiction Dot C O Dot U K
A library of fiction podcasts, including audio dramas, books and RPG actual plays.

Kamer van verlate verhale


Web <link> from RSS feed:

https://maroelamedia.co.za

Database link:

https://maroelamedia.co.za

RSS Feed:

https://iono.fm/rss/chan/5850

Creator: Maroela Media


Synopsis:

Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas, elkeen met verskillende karakters en 'n ander storielyn. Luan Jacobs, die akteur bekend vir sy vertolking van rolle in onder meer die kykNET-reeks Fynskrif asook Ballade vir ʼn enkeling, Dominee Tienie en die radiodrama Briekaandraai, het tydens inperking in sy storie-argief gaan rondkrap en in die proses 12 radiostories voltooi. Met die aanmoediging van vriende het hy besluit om dié stories te begin opneem. Met sy oop hart vir die Afrikaanse kunste het Maroela Media besluit om Jacobs te ondersteun en hom toegang gebied tot sy ateljee. Marius Vermaak, die ateljeebestuurder, het ingestem om die stories op te neem en te redigeer. Jacobs het benewens ʼn klompie vryskutakteurs ook studente van die Performing Arts Lifestyle Institute (Pali) in Pretoria genader om rolle te vertolk. In ruil vir hul betrokkenheid by dié radioteaterprojek het Jacobs hulle die geleentheid vir opleiding en ervaring gebied. Maroela Media se eie Elana Barker is in twee van die episodes te hoor. Die kamer van verlate verhale bestaan uit 12 kort radiodramas. Let wel: Maroela Media was glad nie betrokke by die storielyn en saamstel van die radioproduksie nie. Maroela Media het slegs ondersteuning gebied in terme van die gebruik van die ateljee en verspreiding van die drama. Skrywer: Luan Jacobs Redigering: Johan Riekert Tegniese versorging: Marius Vermaak Opgeneem by Maroela Media


Not tagged: [Format] [Continuity] [Voices] [Genre] [Maturity] [Creator demographics] [Character demographics] [Country of origin] [Transcript] [Completion status] [Content warnings]

Click here to update these tags.




Episodes:

Wolf

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

’n Aspirant jong kunstenaar word genooi na La Bastille de la Creativite, die grootste kunsmuseum ter wêreld. Hy word ʼn aanbod gemaak wat sy lewe onherroeplik kan verander. Die vraag is: teen watter prys?

- Darius: Kaz McFadden
- Mev. Bouché: Lara Lourens
- Die twee vriende: PG Mulder en Nicolai Davidson
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme

Direct MP3 link


Illanza

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Wanneer twee ou skoolvriendinne mekaar raakloop langs die rugbyveld kom ou skete na vore en word hul kinders se grootste rugbywedstryd hulle oorlogsveld.

- Ilanza: Su-an Müller-Marais
- Corrie: Nina Coetzer

Direct MP3 link


Wendy

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

ʼn Eensame jong sprokiesheks bevind haarself in haar bose familie se toring, gereed vir vandag se held om haar te kom red. Wanneer sy besef sy is die familie se swartskaap, neem sy ʼn besluit wat haar hele lewe kan verander.

- Wendy: Ursula Botha
- Spieël: Jacques Adriaanse
- Prins: Richart van Jaarsveld
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme

Direct MP3 link


Hoop is ʼn boemelaar

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Esmerelda het Simon se hart gebreek. Net jammer hulle was al twee by dieselfde Nuwejaarspartytjie. Tien sekondes voor die “Happy New Year”-gille was Simon hand om die blaas met sy nuwe vriend, ʼn boemelaar genaamd Hoop.

- Simon: Jaco Meyer
- Hoop: Abri le Roux
- Byspeler: Ryno Verster
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme

Direct MP3 link


Nimfberg

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Drie vriende klim ʼn reusagtige berg uit en ontdek die fontein van jeug. Daar is egter dié fynskrif: “Jy moet jou lewe oor begin as ʼn babatjie.” Nou moet die drie besluit wie gaan doeke omruil en wie gaan hul jeug herontdek.

- Dandré: Pietie Beyers
- Andries: Stefan Vermaak
- Chris: Tiaan Kelderman

Direct MP3 link


Charlize Theron

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Arme Charlize Theron is gebore met ’n bekende naam, maar ’n onbekende gesig. Sy het dit geërf by ouma Charlize Theron, wat dit op haar beurt by haar ouma Charlize Theron geërf het. Net jammer niemand het dit vir die restaurant Fleur se werkers gesê waar sy vanaand haar sitplek bespreek het nie.

- Jean-Pierre: Tiaan Slabbert
- Helena: Izel Bezuidenthout
- Charlize Theron: Estel Terblanché
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme

Direct MP3 link


Mams

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Martin is raadop. Hy het groot nuus om te deel met sy moeder, maar die uitdaging om haar te probeer red van haar tegnologiese gestremdheid mag hom dalk net knak.

- Martin: Tiaan Kelderman
- Ma: Sulette Thompson

Direct MP3 link


Daisy en die boontjierank

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Ons almal ken die storie van Jan en die boontjierank. Daisy die koei se storie is minder bekend en amper net so magies.

- Lennard: Jacques Adriaanse
- Marsha: Inamari Schoonraad
- Die verteller: Elana Barker

Direct MP3 link


Vlug

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Martin en Aida is die enigste twee siele op ’n vlug na Kaapstad. Hulle besef egter hulle het dalk meer gemeen as wat hulle met die eerste oogopslag gereken het.

- Martin: Tiaan Kelderman
- Aida: Annelie Bouwer
- Lugwaardin: Ané Louw
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme

Direct MP3 link


Basaar

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Herclu en Mieke is die baasbreine agter die vreesaanjaendste spookhuis wat hulle kerkbasaar al ooit gesien het. Wanneer daar stemme onder die vloere begin weergalm, besef hulle hulle het dalk te ver gegaan.

- Herclu: Herman Vorster
- Mieke: Candice Weber
- Spesiale dank aan Peforming Arts Lifestyle Institute (Pali) vir ekstra byklanke en stemme

Direct MP3 link


Kleine kleine ogie

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Twee vriendinne is op ’n meer op pad na ’n klein eilandjie waar hulle hul vriendin se as moet gaan strooi. Terwyl hulle kleine kleine ogie speel, gewaar hulle iets wat moontlik ʼn krokodil is wat hulle agtervolg.

- Tania: Inamari Schoonraad
- Janneke: Ilke Konig

Direct MP3 link


Klop-klop alweer

Thu, 29 Oct 2020 08:00:00 +0200

Tessa is nou al 18 weke swanger en is in die hospitaal saam met Hannes, wie se verstandtande binnekort getrek gaan word. Wanneer Tessa met ’n narkose-belaaide Hannes opgeskeep sit, dink sy dat Hannes se vrot geheimpies uiteindelik hulle verhouding sal knak. Maar, dis alles behalwe wat werklik gaan gebeur…

- Hannes: Francois van Rensburg
- Tessa: Estel Terblanché
- Die dame: Elana Barker

Direct MP3 link